Die universiteit waar jy gaan aansoek doen om toelating, gaan heel waarskynlik versoek dat jy jou NBT-AKG toetsresultate insluit by jou aansoek. Daar is nou n spesiale aanbod op ons werkboek van oefentoetse en antwoorde: was R330, nou R285.
Waarom die korting? Wel, professor Albert Weideman, outeur van die boek, Akademiese geletterdheid: Vyf nuwe toetse, wil leerders aanmoedig om vroeg te begin roer. As jy betyds roer, sal jy jouself na behore kan beoordeel en jou sterk en swak punte kan identifiseer.
Om ‘n toets van akademiese en kwantitatiewe geletterdheid te skryf, is alles behalwe kinderspeletjies. Dit verg intense konsentrasie en betrokkenheid van die kandidaat. Die toetse trek jou in, selfs al beskik jy oor buitengewone taalvaardigheid. Selfs ‘n oefentoets — en daar is vyf in ons werkboek — neem ‘n volle uur-en-‘n-half! So: sit genoeg tyd opsy — daar is baie op die spel!
Bestel die boek hier:
https://geronimotech.co.za/order/
Nog inligting
As jy meer oor die werkboeke wil weet:
- Akademiese geletterdheid: Vyf nuwe toetse
- Wat is akademiese geletterdheid — wat kan dit my bied?
- Die LCaT-werkwinkel oor Akademiese Geletterdheid — hoe kan ek vir een registreer?